Kom ontmoet God, vind jou inspirasie en wees deel van JOU familie in Christus:
KERSSANGDIENS vandag is spesiaal, met die tema van BOME. Dankie aan Rika, koor en soliste!
Verjaarsdae:
11/24
Xander
Matthee
11/27
Neels
Vermeulen
11/28
Gerdie
Matthee
11/28
Lana
Swart
11/29
Sias
Viljoen
11/30
Martie
Maritz
11/30
Johann
Niemand
12/01
Eugene
Schneider
12/01
Henry
Schnetler
12/01
Barry
Williams
Spesiale Nuus
- By die Kerkraadsvergadering Di.12 Nov is ds Hannes van Deventer beroep as leraar vir ons gemeente. Indien alles reg verloop (bv geen besware) kan hy dalk 1 Feb 2025 hier begin bedien. Dankie vir voortgesette voorbidding vir ‘n nuwe leraar in ‘n nuwe fase vir Kollegepark.
- Ons kerkkalender vir 2025 sal moontlik 1 Des beskikbaar wees.
- Lekkerkuier vir Seniors en enige afgetredene24 Okt 10:00 met koffie/tee en eetgoedjies. Ons gaan Oppiestoep stories vertel (ons soek 3 lekker vertellers). Enigeen welkom, selfs vriende wat nie lidmate is nie. Bring ‘n KLEIN bordjie eetgoed of kom sommer net.
- Groepe bou liefde! Wie gaan help die volgende groepe vorm?
–Jong gesinne wat mekaar ondersteun. Kuier op Sondag na kerk?
–20ers en 30ers sonder kinders wat iets interessants doen. Bv. saam kos maak met al die resepte wat mens op TV sien? - Ons kerk se webwerf ngkkollegepark.co.za word nuut ontwerp om interaktief te wees, vol met fotos, inligting en die YouTube preek. Wie sal help om dit gereeld op te dateer? Laat weet dr Henk asb vir blitsopleiding op ‘n Sondag 20 Okt 11:30 deur die webwerf-ontwerper.
- Gebed en versoeke: WApp groep Hettie Wepener 076 552 9062
- Ons benodig ook ‘n Facebook blad om regtig nuwe mense in ons kerk in te trek. Wie sien kans om dit te hanteer? Gesels met dr Henk.
- Helplift is ‘n welsynsdiens by NG Driehoek wat ons wil ondersteun. Bring gerus skoonmaak- en toiletware kerktoe: waspoeier 1kg, Handy Andy, skottelgoedseep, sjampoe, tandepasta, tandeborsel, onderarm aanrol, lyfseep, waslappe, handeroom.
- Ons eie Emmerprojek (kos vir behoeftiges) Annatjie Nel 082 856 7227. ‘n Skenking van kruideniersware gaan armes help oorleef: sout 500g, rys 1kg, koekmeel 1kg, suiker 1kg, kookolie 750ml, baked beans 410g, groente 410g, tamatie&uie 410g, soja vleis 100g, pilchards 410g, stock cubes 12, pasta 500g, grondboonbotter 400g, konfyt 410g, tee 100g, sop 55g.
- Die kerkraad het besluit om in die volgende tyd heelwat fondse te gee vir die welsynsorganisasies in Vanderbijlpark: NG Welsyn, Kindersorg, SAVF en Rata (Herv.Kerk)
- GEBED: Vir siekte: Louna Smit, Japie Mollentze, Elrich du Toit, Cornea Viljoen, Koos Henning, Marli Nel, Jan Mocke, Joey Grobler.
Vir swaarkry van geliefdes: Hettie van Wyk, Pierre Hattingh, Hennie Terblanche, Ina Riekert,
Vir verlies van ‘n geliefde: Dianne Swart, Christelle Daniel.