Skip to main content

Ons Storie

WAAR HET ONS BEGIN?

Kollegepark se wortels lê diep geanker in die Vanderbijlpark gemeenskap, asook in die ryk geskiedenis van die Nederduits Gereformeerde Kerk (NG).

Op 3 Mei 1974 stig Kollegepark af van Historia gemeente en is ons pragtige gemeente gebore. Van die oomblik wat jy jou voete op die kerk terrein sit word jy hartlik verwelkom deur ons mense.

Beleef Jesus

Beleef Jesus

KOM BELEEF JESUS

Wat bedoel ons wanneer ons sê: “Kom beleef Jesus”? Die antwoord lê in Johannes 15:9 waar daar staan: “Net soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Bly dan in my liefde.” Wanneer ons stel dat dié wat ons gemeente besoek Jesus moet beleef Beteken dit dat hulle iets van God se liefde vir die wêreld moet beleef.

By Kollegepark dink ons liefde, voel ons liefde en doen ons liefde! Ons doen dit deur ander welkom te laat voel in ons gemeente, mekaar te ondersteun en mekaar by te staan.

Nuwe lidmaatvorm

GEFOKUS OP GOD

Uit ons lese en ons gemeente se geskiedenis is dit duidelik dat ons gefokus op God wil wees. Hoe doen ons dit? Ons doen dit deur te erken dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is. Die Bybel is vir ons die sentrale bron waaruit ons, ons geloof in die Drie-enige God kan voortbou. Daarom is die verkondiging van die evangelie sentraal in ons eredienste.

Ons hoop om jou Sondag te sien!

ONS MENSE

ALMAL BELEEF JESUS

Ons is daarvan oortuig dat Jesus Christus nie net vir ‘n sekere groep mense gekom het nie, maar dat Hy vir die hele wêreld gekom het, ongeag geslag, ras of ouderdom. Alhoewel ons tans eredienste slegs in Afrikaans aanbied wil ons graag soveel moontlik mense bereik. Ons doen dit deur ‘n weeklikse video wat ons uitstuur op ons sosiale media platforms, asook om ‘n ruimte vir ons kinders te gee tydens eredienste. Ons noem dit die kinderoomblik wat die boodskap van die betrokke Sondag op hul vlak oordra.

Kollegepark het ook ‘n gevestigde bediening vir die ouer lidmate in ons gemeente, wat bekend staan as die Toekatieners.