Eredienste:
Elke Sondag om 09:00
Gesprekdiens elke Sondag om 17:00
(Behalwe vakansies en vakansiedae)
JEUG & KINDERS
TYDENS DIE EREDIENS
By Kollegepark is ons oortuig dat die Here almal uitnooi om deel van die erediens te wees. Daarom het ons tydens skoolkwartale ‘n kinderoomblik waarin die betrokke Sondag se diens op die vlak van kinders gedeel word. Daarna verlaat kleuters en laerskool kinders die erediens en ontvang ‘n les op hulle vlak.
KATEGESE
Na die erediens is dit ons groter laerskool kinders en hoërskool kinders se beurt om oor die Bybel, hul verhouding met die Here, en die Nederduitse Gereformeerde kerk te leer.
JEUG
Eenmaal per kwartaal bied ons iets lekker aan vir ons tieners. Of ons hou ‘n ‘Minute to win it’ aand, of ons gaan stap of ons ondersteun ons gemeenskap. Gesels saam op WhatsApp om uit te vind wat ons hierdie kwartaal gaan doen …